'Die grootste mosh pit wat OppiKoppi nog beleef het'

OppiKoppi-festival door de ogen van twee Zuid-Afrikanen

Van 5 tot en met 8 september vond in Zuid-Afrika het OppiKoppi-festival plaats. De tegenhanger van Lowlands. Omdat 3VOOR12 zelf niet aanwezig kon zijn, vroeg ze twee Zuid-Afrikaanse festivalgangers om verslag te doen. Een verhaal over Relax, De Heideroosjes, regen en de grootste mosh pit ooit op OppiKoppi.

OppiKoppi-festival door de ogen van twee Zuid-Afrikanen

Begin september vertrokken De Heideroosjes en Relax in het kader van een uitwisselingsproject naar Zuid-Afrika voor een optreden op het OppiKoppi-festival. Natuurlijk wilde 3VOOR12 daar bij zijn, maar helaas kon dat niet. Na bijna de moed opgegeven te hebben, vond de redactie toch nog twee Zuid-Afrikaanse festivalgangers bereid een verslag te schrijven. Vier dagen lang hebben Jaco Loots en Madre Reyneke zoals het echte festivalgangers betaamt niet geslapen, rondgestruind op het festival, de optredens (kritisch) bekeken, de heren van Relax bestookt met vragen en de versierpogingen van Nizzel (Relax) moeten trotseren. Hoe, dat kan je hieronder lezen. In Afrikaans welteverstaan! Een begeleidend woordenboek vind je onderaan het verslag (De foto's zijn nog onderweg). OPPIKOPPI 2002 VERSLAG Die OppiKoppi-musiekfees wat vanaf die 5de tot die 8ste September in Pretoria, Fonteinedal gehou is, is Vrydag aand goed aan die brand geskop deur die Nederlandse band, Relax wat duisende Suid-Afrikaners met hul hip-hop vermaak het. Die ouens het regtig gekook en was so entertaining dat selfs nadat dit begin reën het, die crowd geweier het om optegee en aangehou party todat die show gestop is weens die slegte weersomstandighede. Niemand het egter omgegee vir die nat weer nie, want soos Llewy is sel aan sy cheerful crowd vanaf die verhoog geskreeu het; "Don't worry guys, we'll keep you warm with our music!" Hulle het verseker hul belofte nagekom deur die mense aan die dans te hou met hul cool musiek. Ongelukkig het van die klanktoerusting se bedrading begin nat word en is die show gestop tot almal se teleurstelling. Na hul konsert het ons een van die bekendste Suid-Afrikaanse DJ's van 5FM raakgeloop en hom gevra wat hy van die show gedink het en hy was in ekstase oor Relax se optrede. Gelukkig was Heideroosjes "die roosjes met dorings" weer die volgende aand op die toneel om die Nederlanders te verteenwoordig. Hulle het hul toer Saterdagaand afgesluit voor 'n skare van ongeveer 15 000 juigende nuwe aanhangrs (geen amptelike syfer was teen druktyd beskikbaar nie, maar op die oog af was dit ongeveer soveel). Marco en sy band het tot groot vermaak met sy kwinkslae en harde musiek vir groot vermaak gesorg en met sy Braveheart oorlogsaanval vir die grootste mosh pit wat OppiKoppi nog beleef het gesorg. Die Nederlandse Punk band het verseker vir die meeste opwinding van die naweek gesorg, maar met groot sukses! Punk bands is iets waarvan ons maar min hier in Suid-Afrika het, alhoewel dit deur so baie mense geluister word. Rage Against The Machine en Green Day is baie gewild onder talle Suid-Afrikaners, maar iets soos Heideroosjes op 'n live Suid-Afrikaans musiek fees was iets heel unieks. Veral die Nederlanse songs soos "Ik Wil Niks" was 'n groot treffer onder die Afrikaans sprekendes. Na afloop van hul show het hulle CD's en handtekeninge aan hul aanhangers uitgedeel, en daar was soveel mense dat ons geen geleentheid kon kry om met hulle te praat nie. Relax was egter meer spraaksaam en ons kon hulle darem 'n paar vra vrae. Die baie cool ouens (en of cause, baie sexy) het 'n groot crowd gehad en ons moes dus 'n hele tydjie wag om met hulle te kon praat. Terwyl ons vir die band gewag het, het ons solank met hul manager, Michelle gesels en hom gevra wat hul verwagtinge met hul koms na Suid-Afrika was. Sy antwoord was dat hulle geen verwagtinge voor hul koms opgebou het nie, maar baie verras was. Die media in die buiteland skep 'n sekere idee oor Suid-Afrika wat glad nie so is nie. Ons het hom ook gevra wat hy gedink het van die crowd se reaksie op hul show en hy het gesê dat hulle die show ongelooflik geniet het en erg spyt was dat hul moes stop as gevolg van die reën. Toe ons uiteindelik ons kans kry om met die band te gesels was ons heel verras met hul aangename persoonlikhede en die gemaklikheid waarmee hulle, hul crowd hanteer.Mens sal verwag dat 'n band van hulle gehalte baie windgat sou wees, maar dit was regtig aangenaam om met hulle te gesels. Ons het hulle gevra hoe OppiKoppi opweeg teenoor Eoropese musiekfeeste soos Pukkel-pop en die Lowlands-Festival en hulle het gesê dat hulle die vibe van OppiKoppi baie geniet, dat dit nice is om die tipiese Suid-Afrikaanse atmosfeer te beleef, die mense en die lekker weer is ongelooflik, maar dat dit nie vergelykbaar is met feeste soos Lowlands nie. Daar is so baie mense, omtrent 60 000 en OppiKoppi het maar ongeveer 15 000 mense gehad. Ons het hulle ook gevra of hulle dink dat Suid-Afrikaanse bands sal goed doen in Nederland as hulle miskien daar sal wil gaan toer, maar hulle het gesê dat hulle nie so dink nie. Dit is nie die tipe musiek wat op die oomblik in Nederland gewild is nie en dat daar nie vir hulle 'n oorspronklike klank in die Suid-Afrikaanse bands voorkom nie. Daar is reeds soveel bands in Nederland wat van presies dieselfde gehalte is as die bands waarna hulle geluister het hier, dat hulle nie dink dat ons bands baie aftrek sal kry nie. "Wat dink julle van die Suid-Afrikaanse chicks (meisies), was 'n volgende vraag: Tot dusvêr was ons te besig om regtig te kyk, maar daar is heelwat mooi meisies wat hier rond hang, is met 'n glimlag geantwoord. "Sal julle weer terug kom na Suid-Afrika?" "Ja, verseker. Ons geniet dit regtig baie hier en wil graag terugkom om 'n toer deur die hele land en veral Kaapstad te doen.Dit klink vir ons of Kaapstad die mooiste plek is om te sien." Die Suid-Afrikaanse rock, jazz en dansmusiek was soos vorige jare ook weer reuse treffers. Afrikaanse kunstenaars het hierdie jaar hul grootste speelbeurt tot nog toe op die OppiKoppi-fees gekry in die 8 jaar wat die fees al bestaan. Kunstenaars soos Piet Botha en sy groep, Jack Hammer saam met Vusi Mahlasela. Anton Goosen, Valliant Swart, Brixton Moord en Roof Orkes, Battery 9 en Karin Zoid is met groot geesdrif ondersteun. Die hoofverhoog program is Saterdag aand deur Mandoza afgesluit en hy moes sy reuse treffer, Nkalankatha twee keer sing terwyl duisende Suid-Afrikaners ritmies op en af gewip het. Alhoewel die fees nou op 'n einde is, neem ons nog lank nie afskeid van ons bekende Suid-Afrikaanse bands nie, want ons kyk al reeds weer uit na die Aardklop kunstefees wat die 24ste September in Potchefstroom plaasvind. Die fees is die 2de grootste fees in Suid-Afrika buiten die Karoo-kunstefees wat in April in Outshoring plaasvind. So enige Nederlanse bands wat deur die artikel geinspireer voel en lus het om in Suid-Afrika te kom rock, JULLE IS MEER AS WELKOM!!! WOORDENLIJST brand geskop – goed op gang gebracht ouens – jongens reëen - regen verhoog - podium raakgeloop – tegengekomen min – weinig soos – zoals gesels – gepraat vra/vrae - vraag/vragen baie - heel gesê - gezegd wat glad nie so is nie – wat helemaal niet zo is windgat – arrogant teenoor – tegenover regtig – echt